Aangedryf deur die Son
Jy het energie nodig vir alles wat jy doen. Waar kom dit vandaan? Volg dit heelpad terug na die Son!
Jy het energie nodig vir alles wat jy doen: hardloop, dink, groei, asemhaal, en selfs slaap!
Skryf vir een dag alles neer wat jy doen. Kleur langs elke aktiwiteit 'n ster in: een ster vir min energie, drie sterre vir baie. Watter aktiwiteit het die meeste gebruik?
Ons kry ons energie van kos. Kos is soos brandstof vir ons liggame. Hoe meer aktief ons is, hoe meer energie het ons nodig.
Hoe voel jy net voor pouse? Hoe voel jy nadat jy geëet het? Praat met 'n maat oor hoekom.
Die energie in ons kos kom van die Son. Plante gebruik sonlig om kos te maak. Diere en mense eet plante, of eet diere wat plante geëet het.
Kies een kos wat jy vandag geëet het. Teken 'n energieketting van die Son tot by jou. Gebruik pyle om te wys in watter rigting die energie beweeg.