Vaste stof, vloeistof of gas?
Alles rondom ons is 'n vaste stof, 'n vloeistof of 'n gas. Verhit dit of laat dit afkoel, en dit kan verander!
Al die materiale rondom ons is vaste stowwe, vloeistowwe of gasse. Elkeen gedra hom op sy eie manier.
Trek drie kolomme in jou boek. Sorteer hierdie: hout, klip, plastiek, materiaal, water, sap, tee, lug, kookolie, kookgas. Skryf langs elkeen hoe jy weet.
Verhitting verander 'n vaste stof in 'n vloeistof, en dan 'n vloeistof in 'n gas. Afkoeling verander 'n gas in 'n vloeistof, en dan 'n vloeistof in 'n vaste stof.
Sit 'n blokkie ys, 'n stukkie botter, 'n blokkie sjokolade en 'n bietjie kerswas op aparte pierinkies in die son. Watter een smelt eerste? Watter een smelt glad nie? Sit hulle dan in die yskas. Wat gebeur?
Water gaan rond en rond in die watersiklus. Op pad verdamp dit, kondenseer dit, vries dit en smelt dit.
Sit 'n bietjie water met blou voedselkleursel in 'n toesluitsakkie. Teken die son, 'n wolk en die see op die sakkie. Maak dit toe en plak dit teen 'n sonnige venster. Kyk na 'n paar uur daarna. Sien jy druppels naby die bokant? Teken en skryf dan oor die watersiklus in jou boek.